ANC moet inligting oor grondeise bekend maak

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief het toegang tot inligting oor grondeise bekom, ondanks teenkanting van regeringsamptenare. Hulle poog om boere se frustrasie te verlig oor ongegronde grondeise wat hindernisse veroorsaak met eiendomsontwikkeling en -verkope. Die Hooggeregshof in Pretoria het die regering beveel om hierdie data bekend te maak. Die uitvoerende hoof van die inisiatief, Francois Rossouw, waarsku dit sal minagting van die hof wees indien die bevel nie teen 3 Oktober gehoorsaam is nie: