Pleit by leerders tussen 12 en 18 jaar oud vir inenting

Noordwes se LUR vir onderwys, Mmaphefo Matsemela, het by alle leerders tussen 12 en 18 jaar oud, gepleit om ingeënt te word. Dit volg nadat die uitbreek van die Omikron-variant in die land, ‘n skerp styging in Covid-infeksies veroorsaak het. Die woordvoerder, Elias Malindi, sê leerders moet gehoor gee aan die oproep, aangesien die meeste van hulle reeds klaar eksamen geskryf het.