Landboukenner: Namibiese regering ondersteun nie suiwelbedryf

Namibiese melkprodusente het 24,4 miljoen liter melk in 2015 geproduseer, maar dit het tot 17,2 miljoen liter in 2020 geval, ‘n afname van 29,3 persent. Volgens die Namibiese Landbou-unie se verslag van die derde kwartaal, word verwag dat dit verder in 2021 met 12,9 persent sal daal tot 15 miljoen liter. Tans is daar net tien melkprodusente oor, maar hulle verskaf werk aan 150 werknemers wat weer 597 afhanklikes onderhou. Namibiese landboukenner Wallie Roux verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die regering ondersteun nie die suiwelbedryf nie.