SA landbousektor toon groei

Die Suid-Afrikaanse landbousektor toon groei, soos te sien is uit die Agrisake-vertroue-aanwyser wat in die vierde kwartaal van die jaar 74 punte bereik het. Die Landbou-sakekamer sê dit is die hoogste gradering sedert 2001 en is sewe punte hoër as die derde kwartaal se syfer van 67. Agbiz sê die aansienlike oes van veldgewasse en tuinbou, en die samewerking tussen logistieke belanghebbendes en Transnet om uitvoere te vergemaklik, het gehelp om uitvoere op ‘n redelik hoë vlak te handhaaf.