‘Pistool’ in Kauta se sak was komplot om leiers te arresteer – LPM

Die LPM party voer aan dat die skandeerder in die gebou van die Nasionale Raad wat ‘n pistool getoon het toe hulle prokureur Patrick Kauta Dinsdag sy kliënte, Bernadus Swartbooi en Henry Seibeb, by die verhoor kom verteenwoordig het, so opgestel is om Swartbooi en Seibeb te arresteer. Daar was die afgelope tyd berigte dat parlementslede meen hulle is bang vir die twee LPM leiers. Die party het ‘n perskonferensie gehou en Duminga Ndala het die media toegespreek.

Intussen het Kauta ‘n brief aan die Speaker professor Peter Katjavivi, sowel as een aan die polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga gerig waarin hy antwoorde teen Maandag eis. Sy sak is deursoek en geen pistool, soos na bewering op die skandeerder gewys het, is gevind nie.