Mosiehof: meer as N$50m se eiendomme opgeëis

‘n Totaal van 133 aansoeke vir verstekvonnisse is vanoggend in die mosiehof in die hoofstad gebring. Die drie afsonderlike sessies is deur regters Thomas Masuku, Orben Sibeya en Nate Ndauendapo hanteer. Daar was 22 aansoeke met ‘n totale waarde van 20,9 miljoen Namibiese dollar op die reël 108 rol. In totaal het kommersiële banke vanoggend 49 aansoeke gebring. Vyftien onbetaalde lenings is opgeëis met ‘n waarde van 9,4 miljoen dollar en 33 eiendomme, die meerderheid aan die kus, is teruggevra met uitstaande lenings van net meer as 52 miljoen dollar. Een voertuig moet ook terugbesorg word aan die bank. In Maandag se sessie sal regter Harold Geier 70 onverdedigde egskeidings aanhoor.