Parlementêre ondersoek kom dalk oor Ramaphosa se plaas-rooftog

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aan die gesamentlike programmeringskomitee gesê sy sal versoeke oorweeg om ‘n parlementêre ondersoek in te stel na President Cyril Ramaphosa se beweerde toesmeerdery van ‘n rooftog op sy plaas in Limpopo in 2020. Die UDM-leier, Bantu Holomisa en die ATM-president, Vuyo Zungula, sê Ramaphosa moet verantwoording doen aan die Nasionale Vergadering. Mapisa-Nqakula het die komitee verseker sy sal volgende week op die kwessie reageer.