Meer as 30 000 werksgeleenthede in Kaapstad geskep

Die Stad Kaapstad se Uitgebreide Openbare Werke-program bied steeds waardevolle inkomste-steun aan werksoekers. Die stad het in die 2021/22-boekjaar, 32 958 werksgeleenthede geskep. Inwoners word aangemoedig om hul plaaslike subraad te besoek om op die werksoekers-databasis te registreer vir toekomstige geleenthede. Die burgemeesterskomiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê die program het nog baie stukrag en baie potensiaal om te groei indien hulpbronne verskaf word.