Pandor sê nes Oekraïne vryheid verdien, so ook verdien Palestina dit

Die VSA het onder kritiek gekom vir sy aanmerkings dat Israel, na sy aanval in Gaza Vrydag, die reg het om homself te beskerm maar, ter selfde tyd glo dat die mense in die Oekraïne die reg het tot hulle eie soewereine land en dat hulle bystand nodig het teen Rusland wat hulle hul vryheid en reg tot Oekraïens wees, wil afneem. Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkings, Naledi Pandor, het dié standpunt so na haar vergadering met haar Amerikaanse eweknie Antony Blinken, so verwoord.