Nasionale Gesondheidsversekering ‘nie enigste oplossing’

AfriForum sê voorstanders van die Nasionale Gesondheidsversekering skep ’n verwronge prentjie van private gesondheidsorg in Suid-Afrika, om dit as die enigste oplossing voor te hou. Die Wetsontwerp op die NGV, wat ‘n raamwerk voorsien vir die verskaffing van universele sorg deur ‘n staatsbeheerde fonds, is op president Cyril Ramaphosa se lessenaar om as wet bekragtig te word. Louis Boshoff van AfriForum sê die instelling van die NGV kan klinieke wat armer gemeenskappe bedien, in gevaar stel: