Ovaherero: Twee leiers, een troon… Uutoni moet besluit

Die twee faksies in die Ovaherero Tradisionele Owerheid sal nou die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni moet nader vir erkenning. Dit volg na dr. Hoze Riruako die naweek verkies is as die volk se opperhoof, ‘n verkiesing wat daargestel is deur die voorsitter van die owerheid, Vipuira Kapuuo. Professor Mutjinde Katjiua is verlede jaar Julie as opperhoof verkies. Luidens berigte het die uitvoerende direkteur in die ministerie, Nghidinwa Daniel bevestig hulle wag nou vir die twee groepe se voorleggings sodat die regering kan besluit wie hy sal erken.