Erongo het werklike uitdagings met arbeidskwessies

Arbeidskwessies is onlangs herhaaldelik in die nuus en nou het die voorsitter van die Erongo-streeksraad, Benitha Imbamba, ook haar stem hierby gevoeg. Sy sê die raad het met kommer kennis geneem dat daar steeds maatskappye in die streek is wat onbillike en ongunstige werksomstandighede by hul werkplekke uitoefen. Volgens haar is die streek oorval met verslae en klagtes van werkers wat beweer dat hul werknemers onregverdig is en hulle mishandel. Intussen het die goewerneur van Erongo, Neville Andre, ook laat verlede jaar ‘n beroep op ‘n kleinskaalse mynmaatskappy gedoen om sy bedrywighede te staak totdat hy behoorlike woonkwartiere gebou het vir die werknemers wat in sinkhuise woon en nie ordentlike ablusiegeriewe gehad het nie. Imbamba het maatskappye in die streek gewaarsku om arbeidswette noukeurig na te kom.