Berei voor vir volgende sprinkaanplaag – kenner

Boere in die Noord-Kaap maak gereed om met groot swerms bruin-sprinkane tydens vanjaar se reënseisoen te doen te kry. Agri Risikobestuur se woordvoerder Janine Möller sê die Namakwalandse sprinkaanbeampte het twee weke gelede die eerste swerm gesien. Möller voeg by boere kan werksgeleenthede skep en bykomende inkomste verskaf deur gewone werkers aan te stel om die swerms te vernietig. Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner in die gebied van plae sê die plae sal weer regoor die gebied van Suidelike-Afrika, ook Namibië, voorkom.