Oudste Mej. VSA sterf op 97

Die oudste oorlewende wenner van die Mej. Amerika-kompetisie, Jo Carroll Dennison is in die ouderdom van 97 oorlede. Sy het die gesogte kroon in 1942 tydens die Tweede Wêreldoorlog gewen toe sy 18 jaar oud was. Dennison het opslae gemaak vir haar weiering om ná die skouspel in ‘n swemkostuum op die verhoog te paradeer. Sy het hospitale en dienskampe tydens die oorlog besoek om soldate se moraal hoog te hou. Amerikaanse media berig Dennison het later haar memoirs, “Finding my little red hat”, geskryf. Sy was twee keer getroud en het twee kinders gehad.