Vroue in landbou word ondersteun

Die Voeding/Voedselselsekuriteit Alliansie van Namibië bied op 4 November ‘n openbare praatjie aan oor die ondersteuning aan vroue in die landbousektor om nuwe geleenthede in die Afrikavasteland Vryhandelsgebied te kry . Dit sal die aand vanaf vyf-uur tot halfsewe by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se ouditorium op die kampus plaasvind. Lara Beisiegel, een van die organiseerders, sê dit is ‘n ideale netwerkgeleentheid.