Oudpresident van Sri Lanka soek skuiling in Thailand

Sri Lanka se voormalige president, Gotabaya Rajapaksa, het in Thailand aangekom op soek na tydelike skuiling in ‘n tweede Asiese land. Rajapaksa het op 14 Julie uit sy land na Singapoer gevlug te midde van massa-betogings. Hy het kort daarna bedank weens ongekende onrus oor sy regering se hantering van die ergste ekonomiese krisis in sewe dekades. Rajapaksa is die eerste Sri Lankaanse staatshoof wat in die middel van sy termyn bedank. Thaise owerhede sê hy is nie van plan om aansoek te doen om politieke asiel nie en sal net tydelik in die land bly.