‘Ant-Man’ kuier by Sossusvlei

Die Amerikaanse akteur Paul Rudd, bekend vir sy rol as Ant-Man in die Marvel-rolprent, is in Namibië. Berigte lui dat die 53-jarige Rudd ook by Sossusvlei kuier, by dieselfde lodge as wat die Formule Een renjaer, Lewis Hamilton, onlangs besoek het. Hy is die derde bekende wat Namibië onlangs besoek het. José Mourinho, die bekende sokkerafrigter en -bestuurder, het ook onlangs in Namibië gekuier maar was in die Kunene-streek as gas van Wilderness Safaris. Toerismekenners sê die tipe besoeke is uiters goed vir die land se toerismesektor, veral na die pandemie.