Oudminister Kazenambo Kazenambo sterf in hospitaal

Die voormalige Namibiese minister van jeug en sport, die 58-jarige Kazenambo Kazenambo, het vandag in ‘n Windhoekse hospitaal gesterf. Efraim Nekongo, die sekretaris-generaal van die Swapo-jeugliga, het die omstrede en uitgesproke politikus se sterfte bevestig. Nekongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Swapo het ‘n staatmaker, ‘n kader en ‘n dapper man verloor en spreek hul medelye aan sy familie uit.