Oud-dwelmhoof verwelkom Noble & Azhar skuldigbevinding

Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, oudkommissaris Hermie van Zyl het die skuldigbevinding van die kokaïensmokkelaars van Walvisbaai, Grant Noble en Dinah Azhar, verwelkom. Die twee het vier jaar gelede probeer om ’n vraghouer met 412 kilogram kokaïen vanaf Brasilië die land in te smokkel. Beide is onskuldig bevind op een klagte van geldwassery. Van Zyl sê dit is ‘n oorwinning.