Oshivelo-vrou vas wat vleis van wilde voëls verkoop

Inwoner van Oshivelo in die Oshikoto-streek is op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat nadat sy glo die vleis van wilde voëls verkoop het. Josephine Johannes is by ‘n kroeg by Oshivelo in hegtenis geneem. Volgens inspekteur Ellen Nehale van die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek, is Johannes na bewering in besit van gekookte of gebraaide wilde voëls gevind, naamlik vyf tarentale, 33 patryse en nege duiwe gevind. Dit was tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie wat deur die polisie by Oshivelo en amptenare van die omgewingsministerie uitgevoer is. ‘n Lid van Vultures Namibia en voëlkenner Dirk Heinrich verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat beskermde voëls nie gejag mag word nie.