DA hooggeregshof toe oor Putin se besoek in SA

Die DA het ʼn aansoek by die hooggeregshof in Gauteng ingedien om die regering te dwing om die Russiese President, Vladimir Putin, onmiddellik aan te hou indien die Internasionale Strafhof sy inhegtenisneming versoek tydens die Brics-beraad in Suid-Afrika in Augustus. Die party sê sy doel is om ʼn herhaling van die Al-Bashir-voorval te voorkom en te verseker daar word by die Statuut van Rome gehou. Die Strafhof beskuldig Putin van oorlogsmisdade in Oekraïne. Die DA se aansoek sit die nodige stappe uiteen vir inhegtenisneming en oorgawe, met duidelikheid oor die regsproses.