Oshikango-boom word petrol verkoopspunt

Vyf-liter Angolese petrol is nou beskikbaar by ‘n boom in Oshikango teen 35 en 45 Namibiese dollar, afhangende van die verkoper. Plaaslike media berig dat die verkoopspunt uiters gewild is omdat brandstof op die oomblik teen 19 dollar 10 sent op Walvisbaai, die goedkoopste in die land, verkoop. Die smokkelaars van die brandstof het aan joernaliste gesê hulle kan nie voorbly nie. ‘n Liter petrol kos tans 5 Namibiese dollar 35 sent in Angola so die handelaars maak ‘n goeie wins. Die adjunk Namibiese minister van myne en energie Kornelia Shilunga sê Angolese brandstof is onwettig in Namibië en het onderneem om daadwerklike stappe te neem om die smokkelary aan te spreek. Dit is reeds jare lank ‘n uitdaging.