ANC moet immigrasiestelsel regstel

Die DA sê die ANC-regering moet die land se gebroke immigrasiestelsel vinnig regstel want dis ‘n kruitvat vir vigilante-groepe en misdadigheid. Diepsloot-inwoners het ‘n betoging teen misdaad van stapel gestuur, waartydens een persoon, blykbaar ‘n Zimbabwiese burger, in ‘n vermeende vigilante-aanval vermoor is. Die DA-woordvoerder Cilliers Brink, sê populistiese politici en leiers wat xenofobie in die land aanhits moet die skuld hiervoor kry: