Dis maand-einde: Gedra jou op die pad

Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verkeersdepartement het bestuurders gemaan om versigtig te bestuur. Ongelukke neem weer skerp toe in die land met verskeie wat reeds Vrydag voorgekom het. Coetzee sê dis die einde van die maand en die tendens wys dat daar altyd meer padsterftes is.