Osaka sê dankie vir ondersteuning

Die viermalige Grand Slam-wenner, Naomi Osaka, het vir die eerste keer op sosiale media kommentaar gelewer sedert sy haar aan die Franse Ope onttrek het weens wat sy beskou as aggressiewe nuuskonferensies ná wedstryde. Osaka het vroeër haar voortgesette stryd met angs en depressie gedeel en in ‘n kort boodskap op Instagram haar ondersteuners vir hul liefde bedank. Sy het nie aangedui wanneer sy weer gaan speel nie, wat ‘n vraagteken plaas oor haar deelname aan Wimbledon en die Olimpiese Spele. Sy het haar ook onttrek aan ‘n toernooi in Berlyn later die maand.