Arbeidsveteraan Bro-Mathew tree af

Bro-Mathew Shinguadja het afgetree. Shinguadja was jare betrokke by arbeid en het sy loopbaan begin met betrokkenheid by verskeie vakbonde. Hy het later as Arbeidskommissaris gedien en toe as uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie. Luidens ‘n verklaring deur die minsiter, Utoni Nujoma, het Shinguadja op 31 Mei afgetree en Lydia Indombo sal waarneem in sy pos tot ‘n vaste aanstelling gemaak is. Indombo was Shinguadja se adjunk.