Orkaan Idalia grootste storm in orkaanseisoenAugust 30, 2023

Ontruimingsbevele is aan tientalle streke in Florida uitgereik terwyl die orkaan Idalia na verwagting lewensgevaarlike toestande kan skep.  Die storm het tot ‘n kategorie Vier-orkaan versterk en kan selfs verder vererger wanneer dit vandag die Amerikaanse staat bereik. Die Nasionale Orkaan-sentrum waarsku oor ‘n katastrofiese storm en vernietigende wind van tot 215 kilometer per uur. Idalia word beskryf as die grootste storm van die huidige orkaanseisoen, wat volgens voorspelling meer aktief as normaalweg gaan wees weens warmer oseane.