Opwip-inentingstasies by werkplekke, taxi-staanplekke en apteke in Suid-Afrika

Die provinsiale regering van Gauteng beoog intussen om voor die einde van Desember meer as tien-miljoen mense in te ent. Die regering gaan sogenaamde opwip-inentingstasies by werkplekke, taxi-staanplekke en apteke voorsien. Meer as 4,9-miljoen inentings is al in die provinsie toegedien en 2,3-miljoen mense is reeds ten volle ingeënt. Werkgewers word versoek om die provinsiale regering te kontak om hul eie opwip-stasies in hul ondernemings te kry. Inwoners is ook gewaarsku dat ‘n vierde vlaag die buurland waarskynlik voor die einde van die jaar gaan tref.