Jongste statistiek oor Covid-19 inentings in die land

Daar is volgens die jongste statistiek van die Namibiese gesondheidsministrie, 281 402 mense wat dusver een dosis Covid- entstof ontvang het, terwyl 202 857 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96,4%. 17 Leerlinge en twee onderwysers is onder die 58 nuwe gevalle. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 109 waarvan 71 in die hospitaal en 11 in intensiewe sorg is.