Nigeriese owerhede red 200 ontvoerde mense

Nigeriese sekerheidsmagte het by die 200 ontvoerde mense gered in klopjagte op kampe van misdadige bendes in digte bosse in die noord-weste van die land. Die polisie het aan die media gesê die slagoffers, 187 mans, vroue en kinders, is in die Zamfara-streek gered. Rowerbendes het hulle in verskillende aanvalle ontvoer. Honderde leerders is sedert Desember in verskeie massa-ontvoerings gevange geneem. Die meeste is vrygelaat nadat lospryse betaal is, maar dosyne word steeds aangehou.