Optimistiese mense lewe langer

Kenners het bevind hoër vlakke van optimisme lei tot ‘n langer lewensduur vir vroue, selfs verby die ouderdom van 90 jaar. ‘n Studie gelei deur navorsers aan die Harvard TH Chan Skool vir Openbare Gesondheid het bevind dit is waar vir vroue van alle ras- en etniese groepe. Die GoodNewsNetwork berig die studie het data van meer as 159 000 deelnemers in Amerika ontleed. Hulle het bevind 25 persent van diegene wat die meeste optimisties is, sal waarskynlik ‘n 5,4 persent langer lewensduur hê as die 25 persent deelnemers wat die minste optimisties is.