SA NV-speaker wys parlementêre ondersoek na Ramaphosa van die hand 

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het versoeke van die hand gewys vir ‘n parlementêre ondersoek na bewerings teen President Cyril Ramaphosa. Die versoeke is ingedien deur die United Democratic Movement en die African Transformation Movement. Hulle wil hê Ramaphosa se optrede moet ondersoek word terwyl hy op sabbatsverlof geplaas word. Mapisa-Nqakula het die versoek geweier omdat dit nie ‘n behoorlike mosie verteenwoordig nie, en ook nie van een vergesel was nie. Sy voeg by vir die parlement om so ‘n ondersoek van stapel te stuur, moet dit kragtens die Grondwet wees.