OPOD nie seker of Phala Phala-ondersoek in sy mandaat is nie

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê hy moet nog besluit of hy moet voortgaan met ‘n ondersoek na polisieoptrede in die beweerde toesmering van die diefstal by President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo. Dit volg na ‘n brief van die African Transformation Movement oor bewerings dat senior polisiebeamptes die voorval verdoesel het. ‘n Woordvoerder van die direktoraat, Lizzy Suping, sê hulle moet vasstel of die klagte binne hulle mandaat is.