Nuwe banknote vir Sierra Leone om vertroue in geld te herstel

Sierra Leone het ‘n nuwe stel banknore bekendgestel in ‘n poging om vertroue in sy inflasie-geteisterde geldeenheid te herstel. Owerhede sê dit is nou makliker om kontant te dra en betalings te doen. Ekonome stem egter nie saam met die konsep nie en sê dit is waardeloos. Sierre Leone se ekonomie is erg deur die dodelike burgerloorlog tussen 1991 en 2002 geraak. Volgens die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks is dit een van die armste lande in die wêreld.