Openbare verhore oor 6 Januarie skop af in die VSA

Die gekose komitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, wat die opstand op 6 Januarie verlede jaar ondersoek, se openbare verhore het begin. Die komitee se voorsitter, Bennie Thompson, sê dit was niks meer as ‘n poging deur oudpresident Donald Trump om die verkose regering omver te werp nie.

En die adjunk-voorsitter Liz Cheney, sê dat hulle oor die komende weke bewyse sal bring oor hoe Trump nie ‘n vinger wou lig om die geweld stop te sit nie.