Namibië wen eerste medalje in Mauritius

Namibië het sy eerste medalje op dag twee van die 2022 Afrika Senior Atletiekkampioenskappe in Mauritius gewen. Die 22-jarige Namibiese diskusgoooier Ryan Williams het ‘n brons medalje gewen toe hy 54 meter met die diskus gegooi het. Twee Suid-Afrikaanse atlete, Werner Visser met ‘n afstand van 58,81 meter, en Victor Hogan met sy gooi van 56,81 meter ver, het onderskeidelik goud en silwer gewen.