Oostenrykse kanselier bedank oor korrupsie

Oostenryk se kanselier, Sebastian Kurz, het weens ‘n korrupsieskandaal bedank. Die media in die land berig hy en nege ander word ondersoek ná ‘n aantal ondersoeke by plekke geloods is wat met sy konserwatiewe ÖVP People’s Party verband hou. Hy het die Minister van Buitelandse Sake, Alexander Schallenberg, as sy plaasvervanger voorgestel.