Weer merkbare afname in nuwe Covid-gevalle in die land

Daar was weer ‘n merkbare afname in die aantal nuwe Covid-gevalle in die land.Die Namibiese gesondheidsministerie het slegs 23 bevestig. Daar is vyf leerders, een onderwyser en een gesondheidswerker onder die nuwe gevalle. Rehoboth het 10, Tsumeb, Windhoek en Oshakati 2 elk en die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 075 aktiewe gevalle, met 123 459 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 128 070. Die totale aantal sterftes is tans 3 524.