Tolpadstelsel in Suid-Afrika bly in die nuus

Navorsing wat die Automobiel Assosiasie in Suid-Afrika gedoen het, wys motoriste in Gauteng sal nooit e-tol betaal nie. Die AA sê dis teleurstellend dat daar nog geen finale besluit of toekomsplanne met die tolpadstelsel gemaak is nie. Layton Beard van die assosiasie sê die regering moet wegdoen met e-tol en diegene wat reeds betaal het, moet terugbetaal word.