Oos-Kaapse boere steier teen sprinkaanplaag

Die DA in die Oos-Kaap sê boere sukkel om hul plase te red tydens ‘n groot sprinkaan-plaag. Die DA het aan die premier, Oscar Mabuyane, geskryf om boere by te staan terwyl hulle nog besig is om te herstel ná die erge droogte. Die party se woordvoerder, Retief Odendaal, sê die huidige situasie word vererger weens ‘n gebrek aan gif wat gebruik word om die sprinkaanswerms te beheer. Odendaal doen ‘n beroep op die regering om fondse beskikbaar te stel aan boere wat geen finansiële middele het te midde van hierdie jongste krisis nie.