Dr. Tobie Aupindi sê samewerkingsverdrag met Rusland sal Namibië bevoordeel

Die Swapo-parlementslid, dr. Tobie Aupindi, sê Namibië sal baat vind by die samewerkingsverdrag met Rusland oor kwessies van wedersydse belang in die regsgemeenskap en misdaadbekamping. Dit is ten spyte van die voortslepende konflik tussen Rusland en die Oekraïne. Aupindi het in die Nasionale Vergadering gesê net soos Namibië voordeel getrek het uit Rusland tydens die bevrydingstryd in die vorm van wapens, geld en onderwys, sal dit nou ook voordeel trek. Die ooreenkoms is verlede week deur die justisieminister Yvonne Dausab in die parlement ter tafel gelê vir bekragtiging. Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage het sy reaksie so verwoord.

Duvenhage waarsku ook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor hul keuse wie hulle in die konflik wil ondersteun.