Oos-Europa; Konflik, aggressie eskaleer

Daar word verwag dat die Duitse minister van verdediging Christine Lambrecht vanmiddag by die Ramstein-lugmagbasis sal aankondig dat die land 50 Gepard-lugafweerstelsels aan die Oekraïne sal verskaf. Dit kom na weke se gesukkel oor die kwessie. Intussen meen Moskou hy voer ‘n oorlog met Navo deur die Oekraïne en het ook beklemtoon dat die risiko vir kernwapens vergroot. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat en sy mening gevra.