Rooftog in Walvisbaai misluk

Vyf mans het vanoggend in ‘n wit Nissan-sedan op die vlug geslaan nadat hulle pogings om ‘n vrou net buite ‘n FNB op Walvisbaai te beroof, onsuksesvol was. Die vrou is volgens berigte deur twee mans van agter gegryp toe sy uit die bank uit kom en die mans het haar handsak probeer afvat. Toe drie sekuriteitswagte die vrou probeer bystaan het die twee gevlug na die motor, waarin drie mans was, en weggejaag. Hoofinspekteur Ileni Shapumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.