Maak so om brande te beheer

Die droë seisoen in Namibië word dikwels as die brandseisoen bestempel, maar Fillipus Sikongo, die senior stasiebeampte van die Stad Windhoek Brandweer, het Kosmos 94.1 Nuus ingelig dat daar nie ‘n aangewese brandseisoen is nie, veral in woongebiede. Sikongo beklemtoon die belangrikheid van versigtigheid in die hantering van brande. Hy gee ook raad oor die voorkoming van brande in en om die hoofstad, veral naby stortingsterreine.