Oorgrensvervoer – dit gaan bietjie beter

Die vervoerbedryf het ‘n groot terugslag die afgelope weke gekry. As grensposte nie sluit weens positiewe Covid-gevalle nie, is dit die impak van die onlangse onluste en plundering in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n kenner in die logistieke bedyrf, Stefan Terblanche gesels wat gesê het dinge is nou baie beter, maar daar is steeds sommige gebiede in Suid-Afrika waar vragmotors vertragings ervaar.