Covid: 20% positief vandag

Die Namibiese gesondheidsministerie het 329 nuwe Covid-gevalle uit 1 646 toetse bevestig. Dit is ‘n positiewe koers van 20 persent. Daar is 29 leerders, sewe onderwysers, vyf studente en 13 gesondheidswerkers in die groep. ‘n Totaal van 372 pasiënte het herstel wat aktiewe gevalle op 20 903 te staan bring. Hospitalisering, veral in hoësorg, het effe gedaal met 99 pasiënte wat intensief behandeling ontvang uit 515. Daar is 37 sterftes bevestig.