Ontbossing moet reg benader word, meen kenner

Reaksie word ontvang op berigte dat daar beplanning is om 45 miljoen hektaar in die land te ontbos. Indringerbos word plaaslik erken as ‘n groot uitdaging vir boere veral as gevolg van die impak wat dit het op weiding maar, volgens dr. Dagmar Honsbein, ‘n kenner in die gebied, moet verskeie kwessies in ag geneem word veral biodiversiteit en die benutting van die bron…