Franse toeris gevind met twee bottels water, medikasie

Daar is talle vrae wat ontstaan het na die afsterwe van die 54-jarige Franse toeris Nicolas Remondiere wie se oorskot verlede week Vrydag gevind is, ‘n dag na hy verdwyn het. Hy is volgens wat berig word, met twee bottels water en verskeie medikasies, dood aangetref. Delphin Ilunga van Furaha Tours and Safaris, wie se kliënt dit was, sê daar word nog op die uitslae van die lykskouing gewag.