N$120-saak draai in hooggeregshof

Die hooggeregshof het vandag sy beslissing oor ‘n appèlsaak wat sedert 16 Desember 2015 in verskeie howe draai, gemaak. Die aansoek deur ‘n TransNamib-kondukteur Ben Nakambonde, is deur regters Sylvester Mainga, Elton Hoff en Shafimana Ueitele van die hand gewys. Die saak kom daarop neer dat Nakambonde skuldig bevind is dat hy 120 Namibiese dollar by ‘n passasier in Walvisbaai ontvang het vir ‘n treinkaartjie. Hy het nie die 14 dollar kleingeld gegee nie en ook die man as passasier op die lys geplaas nie. Hy is uiteindelik afgedank. Hy het deur die arbeidstelsel heen en weer aansoek gedoen en is weer aangestel. TransNamib het die Arbeidshof genader en Nakambonde het nie betyds dokumente ingedien nie en dus, is sy aanstelling ter syde gestel. Die hooggeregshof het die arbeidshof se uitspraak gehandhaaf.