Onseker of Bavuma môre speel

Daar is onsekerheid oor die Protea-kaptein, Temba Bavuma, se deelname aan môre se tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka in Colombo. Hy is gister hospitaal toe geneem vir ‘n skandering nadat hy op die hand getref is tydens die wedstryd wat Suid-Afrika met 14 lopies verloor het. Sri Lanka se aanvangskolwer, Avishka Fernando, het 118 van sy span se 300 lopies in hulle 50 boulbeurte geslaan. Die Proteas kon net by 286 vir ses uitkom, met Aiden Markram wat 96 bygedra het. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *